
=====================================================================
Leeslus het losgekom -- Internet gee koopnuus (AV 6:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Leeslus het losgekom -- Internet gee koopnuus

  At van Wyk bespreek die vraag: Wat beteken die herdenking van die Anglo-Boereoorlog vir Afrikaans? JY vra dit op die Internet, ook aan 
vriende van die Apies tot die Kaap -- en jy kry net swye, of nie-antwoorde. Intussen druis die herdenking luider: hier in Afrikaans en 
Engels, met seker strofes Afrikataal tussenin; en met bruisende belangstelling in Engeland, gespitste ore in Amerika, veral die staat 
Virgini, en sekerlik in ander lande ook. Want met die eeuwisseling laas was di bloedstryd wreldwyd topnuus.

Die Brits-Afrikaanse oorlog was nie wit-alleen nie, want 'n skare swartes het saamgedra aan die roem n die leed; ook Russe, Franse, 
Duitsers, Hollanders, Iere. As jy dus die Anglo-Boereoorlog wil toemaak asof dit joue is -- en daarmee Afrikaans -- sit jy in jou hoekie. 
Maak dit oop, en wat?

Ruimheid van denke maak jou 'n brugbouer, s mnr. Herman Bailey, burgemeester van Wellington, op 27 Augustus op die ATKV se kongres op 
Buffelspoort naby Pietersburg. Op dieselfde kongres pleit pres. Thabo Mbeki dat Afrikaners ander Afrikatale leer, want: "Tesame moet 
Afrikaans en ander tale die droom verwesenlik van 'n verenigde Suid-Afrikaanse nasie." En die kongresgangers sing hom toe "Laat Heer U sen 
op hom daal".

Dit laat jou dink, en bly wees die oud-owerstes besluit nie oor die oorlog se herdenking nie. Want dan was die "volk" weer eenkant tot 
naarwordens oorvoer aan lensiesop, soos 'n kwarteeu gelede met Taal- en Langenhoven-jaar -- van peutergroep tot matriek, Sabbatsklas en 
skoolboetiek. Nou het elk sy deel aan 'n landsfees -- as oorlog en fees n kan wees.

Toe die oorlog 'n eeu gelede uitbreek, praat die Boere meestal Afrikaans, maar skryf 'n taal tussen Afrikaans en Nederlands, s Fransjohan 
Pretorius in sy Kommandolewe tydens die Anglo-Boereoorlog 1899-1902. Met die Vrede van Vereeniging word Nederlands beskerm, wat maak dat 
die stryd met Afrikaans voortduur tot hy in 1925 wen. Daarom kan ons hier wonder soos ons wonder.

Met die nadering van oorlogsbegin se eeuviering, 11 Oktober, herdenk, slagveldloop en seminaar jy al 'n jaar en langer veeltalig -- lekker 
hr, vaaksleg daar. Eweseer die oorlogsboeke op die rak -- goed n sleg. Van een boekie, aangebied as die eerste in 'n reeks, word jy as 
resensent gedwing om te s die Afrikaans is vrot. 'n Ou vat jou hieroor aan in 'n dagblad, en jy gee hom 'n raps. Goed of sleg vir die 
taal?

'n Ander duur, dik oorlogsboek vol heerlike inligting oor possels en koeverte en snysels uit briewe word lesend vir jou 'n kosbare 
versamelstuk. Tot jy stik aan die vir jou verbandlose slotwoord wat gister se oorlog wil tuisbring by vandag se "kwalik verbloemde wraaksug 
van die nuwe heersers" wat alles met hul "Xhosa stamstelsel" beknoei. Dit bring die oorlogsherdenking vir jou in politieke vaarwater en 
laat jou wanhoop aan enige positiewe betekenis daarvan vir Afrikaans. Want die Afrikaner -- tradisioneel verkeerd omskryf as wit, Christen, 
Afrikaanssprekend -- is verdeeld, verward, verstrooid, anders.

Hoe anders? Die politiek van die eerste helfte van die eeu is grootliks beheers deur die Boeregeneraals Botha, Smuts en Hertzog. D.W. 
Krger se The age of the generals, wat in 1958 verskyn en later uitgebrei word tot The making of a nation, bly dekades voorgeskryf op skool 
en universiteit.

Toe kom 'n vierde generaal, bosoorloggenl. Constand Viljoen, op die toneel, maar op 2 Junie vanjaar byt hy en sy Vryheidsfront byna in die 
stof in die verkiesing. En 44 persent Afrikaners stem vir die DP met sy Joodse leier, Tony Leon.

Van die Afrikaner word al ges hy is 'n Afrikaanssprekende Engelsman; brer en erger: in sy leef en dink is hy 'n Anglo-Amerikaner. Party 
lees oor die oorlog vir genot, of wil dit sien vir wat dit was -- die Boer as held n skurk. Die agteruitgrypers na wat was, maak die 
oorlog egter tot altaar, gooi as op hul kop om politieke gewin -- en hap in die wind.

Nsg die herdenking, nsg die koppeling daarvan met Afrikaans het vir alle Afrikaners (en Afrikaanses) gelyke sin -- hulle verskil skerp 
daaroor. Boonop is baie herdenkings en die meeste boeke in Engels, party sterk in simpatie met die Britse invalsmag van toe.

Maar 'n leeslus oor die oorlog kom los, Engels en Afrikaans. Mense wat nooit buite hul vak gelees het nie, praat oorlog asof hulle die 
uitvinder is, soos van die wiel. Nuut, nuwer, nuutste is die Internet met nuus oor haas elke nuwe oorlogsboek. Daar is die webwerf 
http://www.kalahari.net waar elke item op Naspers se boekeblaaie bestel kan word.

KwaZulu se relers is by http://www.battlefields.co.za/centenary

Jy wil glo iemand in Canberra, Washington, Moskou of Beijing wat op die Internet van 'n boek oor die oorlog te wete kom en dit bestel, 
betaal, bou aan die taal waarin dit verskyn. Maar dalk is die ou net sd in die vreemde en hou hy sy lyf Afrikaans, koop dus 'n 
oorlogsboek. Of sou hy dit in ieder geval gekoop het as hy nog Vanrhynsdorper of Perdekopper was?

Die kuberruim is 'n toorwreld, k vir Afrikaans. Maar die "kuber-Afrikaners"? Sak, Sarel! Van hulle maak hoog aanspraak op hul nut vir 
volk, taal en land; of vir hulself en mekaar -- en stuur jou sommer moerland toe. Soos Johan Jordaan op 2 Augustus in Beeld maak met "die 
ou garde [wit] liberaliste", met Mbeki, wie se "idees oor volk- en nasiebou ... verouderd" is, en die ANC met sy "heksejag" op Afrikaans. 
Want, s hy, baie jong Afrikaners is nie meer Suid-Afrikaners nie -- hulle woon net toevallig hier en is tevrede in hul "volkstaat in die 
kuberruim".

Dis altevol ontvlugtend, en hy kry terstond steun, soos van Barend Senekal van Don Mills, Ontario, Kanada. Wie se suur, soos ander s'n, oor 
die slg van jou vaderland jou o brand. Duisende kuberiete behoort belang te stel in die herdenking van die Anglo-Boereoorlog -- hulle kom 
dan hrvandaan; skryf en praat met liefde en/of haat vir wat hulle verlaat het. Maar as hulle nog liefde vir land en taal en boek het, hoe 
bewys jy jou liefde deur weg te hol?

Histories is die kuberiete vir Afrikaans soveel werd soos die Boere wat na die oorlog na Argentini en in Afrika op tot in Kenia trek, oral 
hul eie kerke en skole stig en bou; besoek ontvang van predikante uit die vaderland. Maar lank voor die eeu om is, moet toekyk hoe hul 
"Boerekolonies" (vandag se kuberruim) in die niet verdamp.

Aan die kuberiete, veral in Timboektoe en elders buiteruimtelik: Ons aardse wesens staan op ons geboortebodem, pleks van te swf in 
almansruim, en ons praat en skryf Afrikaans met en vir landgenote. In jul ruimdenke en -verblyf is jul nut vir taal en land vervlugtiger as 
wat ook al uit die oorlogsherdenking kan kom.

Groetnis van laag na hoog. Prof. At van Wyk is emeritus-hoogleraar van die departement Geskiedenis aan die Universiteit van Suid-Afrika.

Herdenking: Anglo-Boereoorlog

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6317.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1999 /// Streef na onafhanklikheid van politieke gees. (AV 6:3) 
/// Troukoors (AV 6:3) /// Afrikaans bring die Woord aan Kung-praters (AV 6:3) /// Brief uit Murraysburg (AV 6:3) /// Ode aan my 
leermeesteres (AV 6:3) /// Suksesse met onderwysprojekte (AV 6:3) /// Afrikaansdag treffer by Vista (AV 6:3) /// Nuwe woorde uit anderhalwe 
dekade (AV 6:3) /// Rekenaar help Afrikaansleerders (AV 6:3) /// 'Wat ek wil s, kan in Afrikaans ges word' (AV 6:3) /// 'n Omstrede 
veteraan bieg (AV 6:3) /// Vaardig met tong en hand (AV 6:3) /// Dit kook en prut in die taalpot (AV 6:3) /// Johan Combrink was 'n 
DOENmens (AV 6:3) /// Gevangene (AV 6:3) /// George doen ding vir Afrikaanse reklame (AV 6:3) /// Leeslus het losgekom -- Internet gee 
koopnuus (AV 6:3) /// Gee swaarkry van Oorlog nuwe sin (AV 6:3) /// 'O moedertaal ... jou het ek lief bo alles ...' (AV 6:3) /// Waardeer 
mekaar se verdienstes (AV 6:3) /// Kalklig-dief (AV 6:3) /// IiLwimi wil taalregte en veeltaligheid uitbou (AV 6:3) /// Wenners munt uit 
met raaks-Afrikaans (AV 6:3) /// Baksel in die winter (AV 6:3) ///

